Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 5:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. wat reën gee op die aarde en waters stuur na die velde;

11. om die wat laag is op te lig en die sagmoediges sal opgelig word deur verlossing.

12. Hy frustreer die planne van listige mense sodat hulle hande nie met wysheid hulle beplanning kan uitvoer nie.1 Kor 3:19

13. Hy vang die wyse manne in hulle eie slimstreke en die raad van die slinkse mense word frustreer.

14. Hulle hanteer dinge oordag asof hulle in duisternis is en tas rond in die middag soos in die nag

15. en hulle kom om deur die mag van die swaard en die armes word gered uit die hand van die magtiges.

16. Daar is versekerde verwagting vir die armes, maar die bose sal sy mond toehou.

17. Let op, gelukkig is die man wat deur God gekorrigeer word en hy wat die tugtiging van die Almagtige nie verag nie,

18. want dit is Hy wat verwond en verbind; Hy slaan en Sy hande genees.

19. Uit ses moeilikhede sal Hy jou bevry, ja, uit sewe sal geen boosheid jou aanraak nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 5