Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 41:10-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Jy kan nie ver kom as die livyatan opgewek word nie, maar wie kan dan voor My staan?

11. Wie het voorrang bo My sodat Ek moet oorgee?

12. Wat ook al onder die hele hemel is, is Myne.

13. Ek sal nie stilbly weens sy krag en die sterkte van sy senings nie.

14. Wie het sy vel verwyder? Wie kan naby hom kom as die net laat sak word?

15. Wie kan die deur van sy mond oopmaak? Sy tande is verskriklik, reg rondom.

16. Sy mond is vasgebind en stewig toe, soos met ’n seël.

17. Sy tande is so naby aan mekaar dat geen lug tussen hulle kan kom nie.

18. Hulle is vas, een aan die ander, hulle sit aan mekaar vas sodat hulle nie geskei kan word nie.

19. Sy voorkoms is vol lig en sy oë is soos die strale van die sonsopkoms.

Lees volledige hoofstuk Iyov 41