Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 4:16-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Toe het ek opgestaan, maar ek kon hom nie herken nie, daar was geen vorm voor my oë nie, maar ek het ’n sagte stem hoor sê:

17. ‘Sal ’n sterflike mens regverdiger as God verklaar word, of ’n man reiner wees as sy Maker?’

18. Let op, Hy plaas geen vertroue in Sy diensknegte nie en Sy boodskappers word met verwondering geslaan.

19. Selfs hulle wat in versierde huise van klei bly, wie se fondasie in die stof is, sal verneder word voor die dik duisternis.

20. Vanaf oggend tot aand word hulle verpletter dat hulle nie vir ewig mag bly nie, ja, hulle sal omkom.

21. Let op, hulle besittings word van hulle af weggevat en die res van hulle sal sterf sonder wysheid.

Lees volledige hoofstuk Iyov 4