Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 37:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Hieroor bewe die mens se binneste en word dit uit sy plek beweeg.

2. Luister aandagtig na die gedruis van Sy stem en die oordeel wat uit Sy mond uitgaan.

3. Onder die ganse hemel sal die mense Hom loof en Sy lig skyn op die eindes van die aarde.

4. In Sy eie plek donder Hy met die stem van Sy grootheid en Hy hou nie terug as Sy stem gehoor word nie.Ps 29

5. God donder met Sy stem; Hy doen groot en wonderlike dinge wat ons nie kan verstaan nie,

6. want Hy sê vir die sneeu: ‘Val op die aarde!’ Net so vir die ligte reën en vir die swaar reëns.

7. Hy beperk die krag van elke man sodat alle mense Sy dade mag ken;

8. dan gaan al die wilde diere in hulle skuilplekke en bly in hulle lêplekke.

9. Vanuit die binneste kamers kom die warrelwind en koue uit die Noordewind.

Lees volledige hoofstuk Iyov 37