Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 36:7-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy trek nie sy oë terug van die regverdige nie; hy plaas konings op die troon; ja, Hy verhoog hulle vir ewig

8. en as hulle gebind is in kettings, dan gaan hulle deur vernietiging tot ellende,

9. dan wys Hy aan hulle hul dade en hul oortredinge, want hulle het hul mag oorskry.

10. Hy maak ook hulle ore oop vir dissipline en beveel dat hulle moet terugkeer van onregverdigheid.

11. As hulle gehoorsaam en Hom dien, sal hulle hul dae in voorspoed en hul jare in aangenaamheid deurbring,

12. maar as hulle nie luister en doen nie, sal hulle doodgaan deur verwoesting en hulle sal sterf sonder kennis

13. en die valse toneelspelers van verstand, wil en emosie sal verteer word, hulle sal nie uitroep om hulp nie; tog sal hulle woedend skree as Hy hulle bind.

14. Hulle sal sterf in hulle jeug en hulle lewe word weggeruk deur hongersnood,

15. maar die sagmoedige sal weggeruk word deur Sy sagmoedigheid en Hy maak hulle pad oop in die tyd van onderdrukking.

16. Net so sal Hy jou red van die mond van die spotter en vir jou rus in plaas van spanning gee en ’n tafel met ryk kos voorberei,

17. maar Hy sal die bose volledig oordeel; oordeel en regverdigheid sal hulle beetkry.

18. Hy sal jou nie met ’n voortdurende woede bedreig nie en jou ook nie ’n groot loskoopprys laat nodig kry nie.

19. Hy sal na jou toe kom sodat Hy jou kan bevry; jy sal nie ontstel word deur enige van hulle wat magtige krag het nie.Yes 43:4

20. Hy sal jou verlos van hulle wat jou in die nag wegdryf en mense in jou plek gee en nasies vir jou lewe.

21. Wees versigtig sodat jy nie terugdraai na onregverdigheid nie, want daarvoor is jy getoets deur ellende.

22. Let op, God is magtig in Sy krag; wie kan lering gee soos Hy?

23. Wie het vir Hom Sy lewenswyses uitgestip? Wie kan sê: ‘U het boosheid gebring’?

24. Onthou dat Sy dade groot is en alle mense Hom besing het.

25. Al die mense het dit gesien en dit van ver af aanskou.

26. Let op, God is groot en ons ken Hom nie; die getal van Sy jare is onnaspeurlik,

27. want as ons die pilare van die hemel sou tel en die druppels reën, wat die lug in ’n seisoen laat drup, by hulleself sou vasbind,

Lees volledige hoofstuk Iyov 36