Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 36:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Elihu bygevoeg en gesê:

2. “Wees ’n bietjie geduldig met my en ek sal u wys, want daar is steeds woorde te sê namens God.

3. Ek sal my kennis van ver af gaan haal en aan my Skepper onpartydige opregtheid toeskryf,

4. want waarlik, my woorde is nie leuens nie en my kennis is volkome by u.

5. Let op, God is magtig en verag hom, wat rein soos melk is, nie.

6. Hy bewaar nie die lewe van die bose nie, maar gee regverdige oordeel aan die armes.

7. Hy trek nie sy oë terug van die regverdige nie; hy plaas konings op die troon; ja, Hy verhoog hulle vir ewig

8. en as hulle gebind is in kettings, dan gaan hulle deur vernietiging tot ellende,

9. dan wys Hy aan hulle hul dade en hul oortredinge, want hulle het hul mag oorskry.

10. Hy maak ook hulle ore oop vir dissipline en beveel dat hulle moet terugkeer van onregverdigheid.

Lees volledige hoofstuk Iyov 36