Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 35:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. U boosheid raak net uself en u onpartydige opregtheid net uself.

9. As gevolg van die menigte van onderdrukkinge skreeu mense en baie roep uit oor onregverdigheid

10. en niemand sê: ‘Waar is God, my Maker, wat raadgee in die nag,

11. wat ons meer leer as die diere van die veld en ons wyser maak as die voëls van die hemel?’ nie.

12. Hulle roep, maar Hy antwoord hulle nie,

13. want God hoor en luister nie na die leë trots van boosdoeners en prys dit ook nie.

14. Alhoewel u gesê het: ‘Ek sal Hom nie loof nie,’ pleit tog en vra voor Hom,

15. want nou straf Hy nie in Sy woede nie en doen geen skade aan enige lewe nie;

16. daarom het Iyov verniet gepraat; hy vermenigvuldig woorde sonder kennis.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 35