Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 35:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Elihu het weer gepraat en gesê:

2. “Dink u dat u reg was om te sê: ‘Ek is skuldloos verklaar deur God?’

3. As u dit gesê het, watter voordeel het dit vir u en wat sal ek baat as ek u veroordeel?

4. Ek sal u antwoord met woorde, vir u en u vriende by u.

5. Kyk op na die hemel en sien die wolke wat hoër is as u.

6. As u sondig, watter verskil maak dit vir Hom en as u oortredinge vermeerder, wat maak dit saak vir Hom?

7. As u regverdig is, wat gee u aan Hom, of wat ontvang Hy uit u hand?

8. U boosheid raak net uself en u onpartydige opregtheid net uself.

Lees volledige hoofstuk Iyov 35