Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 31:35-40 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

35. Ag, as iemand my maar wou hoor en luister! As God teenwoordig is, laat Hy my antwoord en die sin in ’n boekrol skryf!

36. Ek sal dit sekerlik op my skouer dra en dit vir my ’n kroon maak.

37. Ek sal aan Hom die getal van my voetstappe verklaar; as ’n prins sou ek na Hom toe gaan.

38. Laat die aarde oor my treur, laat sy vore saam huil,

39. as ek sy opbrengs geëet het sonder betaling of as ek een hartseer gemaak het wie se lewe bitter is,

40. laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars.” Die woorde van Iyov is klaar.

Lees volledige hoofstuk Iyov 31