Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 31:23-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. want die respekvolle vrees van God laat my bewe en ellende van Hom af het op my gekom en as gevolg van angs was ek nie in staat om op te staan nie.

24. As ek goud my vertroue gemaak het, of aan die kosbare stene gesê het: ‘Julle is my versekering,’ of vir die fyn goud gesê het: ‘Julle is my vertroue,’

25. as ek my verbly het omdat my rykdom groot was en my hand baie verkry het,

26. as ek die son vereer het wanneer dit skyn of die maan wanneer in volle helderheid,

27. as my verstand, wil en emosie in die geheim verlei is, as ek toegegee het tot kwaaddoen,

28. dan het God my skelm lewenswyse gesien en ek het voor Hom gelieg.

29. As ek my verheug het by die vernietiging van my hater of uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30. (maar ek het nie my mond toegelaat om te sondig nie en ook het my lewe nie gewens vir enige hiervan nie;

Lees volledige hoofstuk Iyov 31