Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 31:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek het ’n verbond gesluit met my oë sodat ek nooit wellustig sal wees na ’n maagd nie.

2. (Watter deel sou ek dan van God hê, wat daarbo is en watter erfenis van die Almagtige wat daarbo is?)

3. Dit is vernietiging vir die bose en straf vir die werkers van boosheid.

4. Hy sien my lewenswyse en tel al my treë.

5. As ek met valse toneelspelers sou saamloop of my voet hardloop na bedrog,

6. laat my op ’n akkurate weegskaal geweeg word sodat God my integriteit sou ken!

7. Ek het nie met my voete van die pad afgewyk nie en my verstand, wil en emosie het nie agter my oë aangegaan nie en ek het niks onregverdig verkry nie,

8. maar wanneer ek gesaai het, dan het ek geëet en wanneer ek geplant het, dan het ek geoes en die opbrengs bymekaargemaak

9. en as my verstand, wil en emosie verlei is deur ’n vreemde vrou of as ek gelê en wag het by my naaste se deur,

10. laat dan my vrou vir iemand anders maal en by ’n ander se plek brood maak,

11. want dit is ’n skandelike oortreding, ja, so ’n oog werk ’n skelm plan uit,

12. want begeerte is ’n vuur wat verteer tot vernietiging toe en sal al my opbrengs ontwortel.

13. As ek die saak van my slaaf of van my slavin verwerp het toe hulle ’n geskil met my gehad het,

14. sonder om te verduidelik, wat sou ek dan doen as God opstaan in oordeel en wanneer Hy navraag doen, wat sal ek Hom antwoord?

Lees volledige hoofstuk Iyov 31