Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 30:6-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. vlugtend om te bly in die kranse van die valleie, grotte van die aarde, in skeure,

7. in rotsagtige plekke en onder bosse.

8. Die kinders van dwase sal omvergewerp word saam met die kinders van die bose; hulle sal laer afgebring word as die aarde

9. en nou is ek die voorwerp van hulle spottery, ja, ek het vir hulle ’n spotwoord geword.

10. Hulle verag my, vlug ver van my af en laat nie na om in my gesig te spoeg nie

11. omdat hulle begin het om in my gesig te lag en my te verneder; hulle het ook hulle teuels in my mond gesit.

12. Hulle staan op teen my regterhand, hulle het my gepootjie; hulle het my verwar deur die verdraaidheid van hulle lewenswyse.

13. Hulle verwoes my paaie sonder rede, hulle is verheug oor wat oor my gekom het; hulle sal geen helper hê nie.

14. Hulle sal ’n groot vernietiging ly; hulle sal gebreek word deur die tornado,

15. want hulle het angs oor my gebring, my paaie agtervolg soos die wind en my hulp het weggegaan soos ’n wolk.

16. Nou is my lewe moeg; die dae van ellende het my beetgepak.

17. In die nag is my gebeente in pyn en my liggaam het geen krag nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 30