Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 30:25-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Ek het in die dag gehuil vir die armes; my lewe het getreur vir die vaderloses,

26. maar toe ek uitgekyk het vir die goeie, het boosheid gekom en toe ek gewag het vir lig, het duisternis gekom.

27. My binneste is rondgeskud en het nie gerus nie; dae van ellende het oor my gekom.

28. Ek het treurend geloop sonder om gegrief te wees, ek het opgestaan en gehuil in die vergadering.

29. Ek het ’n broer geword vir die jakkalse en ’n vriend vir die volstruise.

30. My vel het gekrimp om my en my gebeente is gebrand asof met hitte.

31. My harp verander in roubeklag en my lied na die stem van hulle wat huil.

Lees volledige hoofstuk Iyov 30