Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 3:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. of saam met prinse wat goud besit, wat hulle huise met silwer volmaak;

16. of soos ’n weggesteekte miskraam, asof ek nie bestaan het nie; soos babas wat nooit die lig sien nie.

17. Daar hou die bose op met woelinge en daar kom die wat moeg is tot rus.

18. Daar rus die gevangenes saam; hulle hoor nie die stem van die onderdrukker nie.

19. Klein en groot is daar en die slaaf is vry van sy meester.

20. Hoekom word daar lig gegee aan die een wat moeilikheid het en lewe aan die wat verbitterd is in die lewe,

21. wat verlang na die dood en dit kom nie en dit soek soos een na ’n weggesteekte skat soek;

22. wat uitermate bly is en hulle verheug as hulle die graf kon vind?

23. Waarom word lig gegee aan ’n man wie se lewenswyse weggesteek is, wat rondom afgekamp is deur God?

24. Want my gesug kom voor ek eet en my gekerm word uitgegooi soos water,

25. want die ding wat ek grootliks vrees, het oor my gekom en dit waarvoor ek bang was, het na my toe gekom.

26. Ek is nie rustig nie, ook nie kalm nie en nie in rus nie en tog het rampe gekom!”

Lees volledige hoofstuk Iyov 3