Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 3:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. saam met konings en raadgewers van die aarde, wat verlate plekke vir hulleself bou;

15. of saam met prinse wat goud besit, wat hulle huise met silwer volmaak;

16. of soos ’n weggesteekte miskraam, asof ek nie bestaan het nie; soos babas wat nooit die lig sien nie.

17. Daar hou die bose op met woelinge en daar kom die wat moeg is tot rus.

18. Daar rus die gevangenes saam; hulle hoor nie die stem van die onderdrukker nie.

19. Klein en groot is daar en die slaaf is vry van sy meester.

Lees volledige hoofstuk Iyov 3