Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 3:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Na dit het Iyov sy mond oopgemaak en die dag waarop hy gebore is vervloek.

2. Iyov het gepraat en gesê:

3. “Laat die dag vergaan waarop ek gebore is en die nag waarin dit gesê is: ‘’n Seun is gevorm;’

4. laat daardie dag duisternis wees; laat God dit nie erken van bo af nie en laat die lig ook nie daarop skyn nie;

5. laat die duisternis en doodskaduwee dit toedek; laat ’n wolk dit oorskadu; laat hulle wie se dag bitter is deur dit beangs word;

6. wat daardie nag betref, laat dik donkerheid hom bedek; laat daardie dag nie bereken word in die dae van die jaar nie, nie kom in die getal van die maande nie;

7. ja, laat daardie nag onvrugbaar wees, geen uitroep van vreugde daarin kom nie;

8. laat hulle wat die dag vervloek, dit vervloek, hulle wat gereed is om die Leviatan aan te hits;

9. laat die sterre van sy oggendskemering donker wees; laat die mense wag op lig, maar niks kry nie en laat hulle ook nie die ondergaan van die dag sien nie

10. omdat dit nie die deure van my moeder se baarmoeder toegesluit het nie en ook nie moeilikheid vir my oë weggesteek het nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 3