Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 28:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Yster word uit die grond gehaal en koper word uit die klip gesmelt.

3. God maak ’n einde aan die duisternis en ken die einde van alles; die diep en donker myn en die skaduwee van die dood.

4. Hulle het ’n verwoeste myn van ’n vreemde volk geërf, hulle het weggedwaal van die regte pad af en hulle getalle het afgeneem tussen die mense.

5. Hulle breek die aarde oop waaruit voorsiening kom en van onder dit uit kom materiaal op asof dit met vuur gebrand is.

6. Sy klippe is die plek waar saffiere gevind word en dit het stof van goud op sy paaie.

7. Daar is ’n pad wat geen voël ken nie en die oog van die aasvoël nie gesien het nie;

8. wilde diere het nie daarop geloop nie en die leeu het ook nie by dit verbygegaan nie.

9. Die myner steek sy hand uit oor die harde rots om dit te breek, hy keer die berge om by hulle fondasies.

10. Hy verdeel die riviere deur sy mag en sy oog sien allerhande kosbare dinge.

11. Hy bind die riviere vas dat hulle nie oorloop nie en dit wat verborge is, bring hy aan die lig,

12. maar waar sal wysheid gevind word en waar is die plek van die insig daarvan?

13. Geen mens ken die skat daarvan nie en ook word dit net gevind in die land van die lewendes.

14. Die dieptes sê: ‘Dit is nie in my nie’ en die see sê: ‘Dit is nie by my nie.’

15. Dit kan nie verkry word deur goud nie en silwer kan nie afgetel word as sy prys nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 28