Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 28:14-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Die dieptes sê: ‘Dit is nie in my nie’ en die see sê: ‘Dit is nie by my nie.’

15. Dit kan nie verkry word deur goud nie en silwer kan nie afgetel word as sy prys nie.

16. Dit kan nie verruil word vir die goud van Ofir, vir kosbare onikssteen of saffier nie.

17. Goud en kristal is nie daaraan gelyk nie en ook nie kosbare pêrels, juwele of smarag nie,

18. want die prys van wysheid is ver bo kosbare stene en ook kan gekleurde edelstene, smaragde en diamante nie gelyk daaraan wees nie,

19. want die prys van wysheid is bo alles en niks is gelyk daaraan nie. Die pêrels en topaas van Kush is nie gelyk daaraan nie.

20. Vanwaar kom die wysheid en waar is die plek van insig?

21. Dit is verborge vir die oë van alles wat leef en weggesteek vir die voëls van die hemel.

22. Vernietiging en dood sê: ‘Ons het die verslag daarvan met ons ore gehoor,’

23. want net God ken die pad daarvan en Hy ken die plek daarvan,

24. want Hy kyk tot by die eindes van die aarde en sien onder die hele hemel,

25. want Hy het vir die wind ’n gewigmaat gemaak en die waters met ’n maat afgemeet.

26. Hy het ’n wet gemaak vir die reën en ’n pad vir die weerligstraal en donder.

27. Toe het Hy dit gesien en dit verklaar; Hy het dit gemeet en dit ook ondersoek.Spr 1-9

Lees volledige hoofstuk Iyov 28