Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 27:1-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Iyov het sy rede voortgesit en gesê:

2. “So waar as God leef wat regverdige oordeel van my weggeneem het en die Almagtige wat my lewe bitter gemaak het,

3. solank as wat die lewe in my is en die Gees van God in my neusgate is,

4. sal my lippe nie boosheid praat en my tong bedrog verkondig nie!

5. Dit is ’n verwerplike gedagte dat ek boosheid sou doen. Totdat ek sterf, sal ek nie my onskuld laat vaar nie.Open 3:12,21

6. Ek hou onveranderlik aan my onpartydige opregtheid vas en sal dit nie laat los nie; my verstand, wil en emosie sal my nie veroordeel nie, so lank as wat ek lewe.

7. Laat my vyand wees soos die moreel slegte persoon en hy wat my haat soos ’n bose persoon,

8. want alhoewel hy rykdom vergader het, wat is die verwagting van die bose wanneer God sy lewe wegvat?

9. God sal nie sy gebed hoor wanneer moeilikheid oor hom kom nie,

10. maar as hy sou vertrou in die Almagtige en altyd tot God roep, sal God hom hoor en antwoord.

11. Wat julle betref, ek sal julle oorgee in die hand van God sodat julle woorde nie vir Hom weggesteek sal wees nie.

12. Let op, julle het dit almal gesien, waarom roem julle oor niks?

13. Hierdie is die deel van ’n bose mens by God en die erfenis van onderdrukkers, wat hulle van die Almagtige sal ontvang:

14. as sy kinders vermenigvuldig, is dit vir die swaard en sy nageslag sal nie versadig word met brood nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 27