Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 26:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Let op, die magtige manne sal doodgemaak word en hulle sal stiller lê as stil waters.

6. Sh’ol is kaal voor Hom en vernietiging het geen bedekking nie.

7. Hy strek die noorde uit vanuit die leegheid en hang die aarde aan niks;

8. Hy bind die waters op in Sy dik wolke en die wolke skeur nie onder dit nie.

9. Hy hou die bedekking van die lug vas en strek Sy wolke daarin uit.

10. Hy het die waters omring met grense totdat die dag en nag tot ’n einde kom.

11. Die pilare van die hemel bewe en staan verstom by Sy berisping.

12. Hy bestraf die see met Sy krag en deur Sy wysheid maak Hy die trotses dood.

Lees volledige hoofstuk Iyov 26