Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 24:6-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle sny hooi op ’n veld wat nie hulle s’n is nie en hulle maak druiwe bymekaar in die wingerd van die bose.

7. Hulle laat die naaktes bly sonder klere en hulle het geen bedekking in die koue nie.

8. Hulle is nat van die stortbuie oor die berge en druk hulself teen die rotse vas by gebrek aan skuiling.

9. Hulle vat plunder met geweld af van die vaderloses en hulle verteer die armes.

10. Hulle laat hul kaal gaan, sonder klere en hulle vat brood weg by die wat honger is.Deut 27; Deut 28

11. Hulle buig onder die laste tydens die oesfees en is honger wanneer hulle die groot mandjie dra; hulle trap die parskuip, maar is dors.

12. Uit die stad kerm die onderdruktes en die lewe van die gewondes roep uit; tog aanvaar God nie hulle gebed nie.1 Kor 3:11-15

13. Hulle was in God se wêreld, maar hulle het nie Sy lewenswyses geken nie en ook nie in Sy paaie geloop nie.

14. Die moordenaar staan teen dagbreek op en maak die arme en behoeftige dood en in die nag is hy ’n dief.

15. Die oog van die egbreker wag vir die duisternis en sê: ‘Geen oog sal my sien nie en hy vermom sy gesig in die donker.

16. In die duisternis breek hulle in huise in wat hulle bedags gemerk het. Die bose ken nie die lig nie;

17. daarom soek hulle vir hulself die skaduwee van die dood en het dit gevind; ja, hulle is in die angswekkendheid van die skaduwee van die dood.

18. Hulle word vinnig weggedra oor die oppervlakte van die waters; hulle deel is vervloek op die aarde, hulle let nie op na die bekende pad van die wingerdstokke nie.

19. Droogte en hitte verteer die sneeuwater, net so Sh’ol vir hulle wat gesondig het.

20. Vanaf die baarmoeder het hulle weggedwaal; die wurms sal aan hulle suig; na die dood sal hulle nie meer onthou word nie en die bose sal soos ’n stukkie hout gebreek word.

21. Die onvrugbare moeder word boos behandel en hulle doen geen goed aan die weduwee nie.Mat 19:24; Mar 10:23-25; Luk 18:25

Lees volledige hoofstuk Iyov 24