Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 24:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Hulle laat hul kaal gaan, sonder klere en hulle vat brood weg by die wat honger is.Deut 27; Deut 28

11. Hulle buig onder die laste tydens die oesfees en is honger wanneer hulle die groot mandjie dra; hulle trap die parskuip, maar is dors.

12. Uit die stad kerm die onderdruktes en die lewe van die gewondes roep uit; tog aanvaar God nie hulle gebed nie.1 Kor 3:11-15

13. Hulle was in God se wêreld, maar hulle het nie Sy lewenswyses geken nie en ook nie in Sy paaie geloop nie.

14. Die moordenaar staan teen dagbreek op en maak die arme en behoeftige dood en in die nag is hy ’n dief.

15. Die oog van die egbreker wag vir die duisternis en sê: ‘Geen oog sal my sien nie en hy vermom sy gesig in die donker.

Lees volledige hoofstuk Iyov 24