Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 23:9-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Ek soek Hom aan my linkerkant, maar ek kan Hom nie gewaar nie; dan draai ek na my regterkant, maar ek kan Hom nie sien nie,

10. maar dit is Hy wat my lewenswyse en my bestaan ken en my getoets het soos goud en ek het suiwer uitgekom.

11. My voete was ferm op Sy voetspore en ek het in Sy lewenswyses gebly.

12. Ek het nie die opdragte van Sy lippe verag nie en ook nie afgewyk van Sy wil af nie en die woorde van Sy mond gehou,

13. maar in antwoord hierop, wat het Hy vir my gegee? Wat Hy begeer, dit doen Hy.

14. Hy voer egter Sy verbond uit en baie sulke dinge is by Hom;

15. daarom is ek bang in Sy Teenwoordigheid; wanneer ek dit oordink, is ek bang vir Hom,

16. want God het my verstand, wil en emosie sag gemaak en my gedagtes is deurmekaar,

Lees volledige hoofstuk Iyov 23