Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 21:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hulle kinders staan vas soos ’n trop en hulle seuns dans.

12. Hulle vat die tamboeryne en harpe en verheug hul by die klank van sang.

13. Hulle spandeer hul dae in oorvloed en gaan dan skielik af na Sh’ol.

14. Hulle sê vir God: ‘Gaan weg van ons af, want ons begeer nie om U lewenswyses te ken nie.’

15. Hulle sê verder: ‘Wie is God dat ons Hom sou dien en wat sal dit ons baat dat ons tot Hom sal bid?’

16. Let op, hulle het geen mag oor hulle voorspoed nie; die raad van die bose is ver van my!

Lees volledige hoofstuk Iyov 21