Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 21:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2. “Luister ernstig na my woorde en laat dit julle vertroosting wees.

3. Verdra my sodat ek mag praat en nadat ek gepraat het, spot dan met my.

4. Ek sal my klagte teenoor ’n mens uitspreek; waarom my gees ontsteld is.

5. Draai om na my, wees verstom en lê jou hand op jou mond.

6. Selfs as ek daaraan dink, bewe ek en angs gryp my vlees aan.

7. Waarom bly die bose lewe en waarom is die magtiges vol krag vir jare?

8. Hulle nageslag word voor hulle bevestig saam met hulle en hulle seuns voor hulle oë.

Lees volledige hoofstuk Iyov 21