Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 20:23-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Mag sy nageslag vernietig word, mag God Sy gloed van woede oor hom gooi en hom laat oorstroom terwyl Hy teen hom oorlog maak,

24. want alhoewel hy ontvlug het as gevolg van die borsplaat van yster, sal die koper boog hom deurboor.

25. Dit word uitgetrek en dit bring sy ingewande uit en die vel van sy gal sal gebreek word; angs sal voortdurend op hom wees!

26. Volle duisternis is bewaar vir sy nageslag; ’n brandende vuur sal hom verteer en die een wat in sy tent oorbly sal vernietig word.

27. Die hemel sal sy sondes openbaar en die aarde sal homself teen hom wreek.

28. Die fondasies van sy huis sal oop gelaat word en hy sal geskroei word op die dag van Sy woede.

29. Dit is die gedeelte vanaf God vir die bose mens en die erfenis wat vir hom bestem is van die Hoogste.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 20