Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 20:1-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Tzofar, die Na’amahiet, geantwoord en gesê:

2. “My dissipline het my daarom laat onderskei en vir my hulp by my gebly.

3. Ek sal jou die instruksies van my dissipline laat hoor en die gees van my insig sal my laat antwoord.

4. Dit weet ek van ouds af, sedert die mens op die aarde geskep is:

5. die triomfering van die bose is van korte duur en die vreugde van die onreine is maar net vir ’n oomblik.

6. Alhoewel sy hoogheid opgaan na die hemel en al raak sy kop aan die wolke,

7. tog sal hy vir ewig vergaan soos ’n warrelwind; dié wat hom gesien het, sal vra: ‘Waar is hy?’

8. Hy sal wegvlieg soos ’n droom en sal nie gevind word nie; ja, hy sal weggejaag word soos visioene in die nag.

9. Ook die oog wat hom gesien het, sien hom nie meer nie en ook sal hulle sy plek nie meer sien nie.

10. Sy kinders sal onderdruk word met armoede en hy sal sy hande uitsteek na hulle toe.

11. Sy gebeente is vol lewenskrag (murg), maar dit sal saam met hom in die stof lê.

12. Alhoewel sy boosheid soet is in sy mond, alhoewel hy misleiding onder sy tong wegsteek,

13. alhoewel hy dit spaar en dit nie laat staan nie, maar dit stilhou in sy mond,

Lees volledige hoofstuk Iyov 20