Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 2:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Toe sê sy vrou vir hom: “Volhard jy nog in jou integriteit? Vloek God en sterf!”

10. Hy antwoord haar egter: “Jy praat soos ’n dwase vrou praat! Ons het inderdaad God se seëninge ontvang, sal ons nie ook van Hom die slegte ontvang nie?” Deur al hierdie probleme het Iyov nie gesondig nie en ook nie kwaad teen God gepraat met sy lippe nie.Gen 36:10-19; 1 Kro 1:35,36 Bildad vanaf Shuag en Tzofar vanaf Na’amah, want hulle het saam afgespreek om hom te versterk en te vertroos.

11. Toe die drie vriende van Iyov van al die slegte dinge wat oor hom gekom het, gehoor het, het hulle ’n tyd bereken en elkeen gekom vanaf sy blyplek: Elifaz vanaf Teman,

12. Toe hulle van ver af hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem opgelig na die hemel toe en gehuil en elkeen het sy bokleed geskeur en hulle het stof op hul koppe gegooi.

13. Hulle het saam met hom op die grond gaan sit, sewe dae en sewe nagte lank en niemand het ’n woord met hom gepraat nie, want hulle het gesien dat sy moeilikheid baie groot was.

Lees volledige hoofstuk Iyov 2