Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 19:14-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. My familie het my gefaal en my vertroude vriende het my in die steek gelaat.

15. My slavinne en hulle wat in my huis bly, beskou my as ’n vreemdeling; ek is ’n onbekende in hulle oë.

16. Ek het my dienskneg geroep en hy antwoord my nie; ek smeek hom met my mond.

17. Ek het ’n vreemdeling geword en ek het gesoek na die seuns van my eie liggaam.

18. Ja, selfs die bose verag my; as ek opstaan, praat hulle teen my.

19. Al my raadgewers verafsku my; selfs my vriende het teen my gedraai.

20. My vel en my vlees kleef aan my gebeente vas en ek ontsnap met die vel van my tande (net-net).

21. Gee om vir my, gee om vir my, o my vriende, want die hand van God was teen my!

22. Hoekom vervolg julle my net soos God en julle is nie tevrede met die seerkry van my vlees nie?

23. Ag, dat my woorde nou opgeskryf mag word, dat hulle in ’n boekrol opgeteken word,

24. dat hulle vir ewig met ’n ystergriffel op lood of in ’n rots graveer word,

25. want ek weet my Verlosser leef en aan die einde sal Hy Homself op die aarde openbaar.

26. Alhoewel vretende wurms my vel en my vlees oordek het,Hav 3:17-18

27. tog, as my oë God sal sien, dan sal my verstand, wil en emosie ook die lig sien, maar nou is my liggaam verteer,

28. want julle sal sê: ‘Hoekom het ons hom vervolg? ’n Goeie verslag sal my volg en my vryspreek.

29. Red jouself van die swaard, want die woede van sondaars is ’n swaard, want julle sal nog leer dat daar ’n oordeel is.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 19