Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 19:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Iyov geantwoord en gesê:

2. “Hoe lank sal julle my lewe bedroef en my siek maak met woorde?

3. Let op, hierdie tien keer het julle my bestraf en tog is julle nie skaam dat julle my treurig maak nie.

4. As ek inderdaad oortree het, bly my fout by my.

5. As julle julself regverdiglik teenoor my opgehef het, my bestraf en verag het,

6. weet dan dat Gód my veroordeel het en Sy net oor my uitgesprei het.

7. As ek uitroep, antwoord niemand my nie en as ek kla is daar niemand om my te wreek nie.

8. Hy het my lewenspad toegemuur sodat ek nie kan verbygaan nie en Hy het duisternis oor my paaie gestel.

9. Hy het my eer en lof van my afgestroop en die kroon van my kop af weggevat.

10. Hy het my aan alle kante vernietig en ek bestaan nie meer nie en my versekerde verwagting het hy verwyder soos ’n stukkie hout.

11. Hy het ook Sy woede teen my opgestook en tel my as Sy vyand.

Lees volledige hoofstuk Iyov 19