Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 18:7-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hy sal verlaat word in sy siekte en sy eie raad sal hom neergooi,

8. want hy het sy voete uitgestrek na die net en hy loop aanhoudend oor ’n strik.

9. Die strik vang hom aan die hakskeen en dors sal hom oorweldig.

10. ’n Vangstrik is vir hom gestel in die grond en ’n valstrik op sy pad.

11. Angswekkendheid sal hom bang maak aan alle kante en hom op sy voete jaag.

12. Laat honger sy droefheid wees, laat verwoesting gereed wees vir sy nageslag.

13. Laat mag sy dorpe verteer, laat sy eersgeborene in geweld sterf.

14. Sy selfvertroue sal uit sy tent weggeruk word en hy sal haastig deur die koning se laksman gebring word.

15. Ander sal in sy tent bly, want daar is niemand in nie; swael sal oor sy blyplek gestrooi word.

16. Sy wortels sal onder opgedroog word en bo sal sy opbrengs afgesny word.

17. Sy nagedagtenis sal vergaan van die aarde af en hy sal geen naam daarop hê nie.

18. Hy sal vanaf lig die duisternis ingedryf word en uit die wêreld uitgejaag word.

19. Hy sal geen naam of herinnering onder die volk hê nie of enige oorlewende in sy blyplek nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 18