Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 18:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Angswekkendheid sal hom bang maak aan alle kante en hom op sy voete jaag.

12. Laat honger sy droefheid wees, laat verwoesting gereed wees vir sy nageslag.

13. Laat mag sy dorpe verteer, laat sy eersgeborene in geweld sterf.

14. Sy selfvertroue sal uit sy tent weggeruk word en hy sal haastig deur die koning se laksman gebring word.

15. Ander sal in sy tent bly, want daar is niemand in nie; swael sal oor sy blyplek gestrooi word.

16. Sy wortels sal onder opgedroog word en bo sal sy opbrengs afgesny word.

17. Sy nagedagtenis sal vergaan van die aarde af en hy sal geen naam daarop hê nie.

18. Hy sal vanaf lig die duisternis ingedryf word en uit die wêreld uitgejaag word.

19. Hy sal geen naam of herinnering onder die volk hê nie of enige oorlewende in sy blyplek nie.

20. Hulle wat ná hom kom sal verbaas wees oor sy dag, soos hulle wat vóór hul gekom het beangs was.

21. Sekerlik, so is die blyplek van die perverse en dit is die plek van hom wat God nie ken nie.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 18