Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 18:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Bildad, die Shuagiet, geantwoord en gesê:

2. “Hoe lank sal julle woorde teëstaan? Verstaan en daarna sal ons praat.

3. Waarom word ons as diere gereken en word ons verwerplik in jou oë beskou, jy wat jouself in jou woede doodmaak?

4. Sal die aarde in die steek gelaat word om jou ontwil en sal die berg uit sy plek verwyder word?

5. Ja, die lamp van die bose sal uitgeblus word en die vonk van sy vuur sal nie skyn nie.

6. Die lig sal donker wees in sy tent en sy lamp bo hom sal uitgedoof word.

7. Hy sal verlaat word in sy siekte en sy eie raad sal hom neergooi,

8. want hy het sy voete uitgestrek na die net en hy loop aanhoudend oor ’n strik.

Lees volledige hoofstuk Iyov 18