Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 17:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My gees is vernietig, my dae is uitgewis, die graf is gereed vir my,

2. want daar is geen valsheid in my nie en tog dwaal my gees in hulle bitterheid.

3. Ek bid, maak my ’n gyselaar by U, dan sal ek myself oorgee,

4. want U het húlle verstand, wil en emosie weggesteek vir begrip; daarom sal hulle hulself oplig in hul misleiding.

5. Wanneer ’n vriend skadelik optree teenoor sy vriend, sal selfs die oë van sy seuns faal.

6. Hy het krag gegee aan die nasies; ek sal gespot word voor hulle.

7. My oë is dof as gevolg van woede en al my sintuie is soos ’n skaduwee.

Lees volledige hoofstuk Iyov 17