Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 14:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Aangesien sy dae bepaal is en die getal van sy maande vasgestel is, het U sy grense vasgestel wat hy nie kan oortree nie;

6. draai U gesig weg van hom af en sy dae sal wees soos die van ’n huurling,

7. want as ’n boom afgekap word, is daar versekerde verwagting dat dit weer sal uitspruit en sy sagte lote sal nie ophou nie.

8. Alhoewel sy wortel oud word in die aarde en sy stam sterf in die grond,

9. tog, by die reuk van water sal dit uitspruit en blare voortbring soos ’n plant,

10. maar ’n mens sterf en kwyn weg, ja, ’n mens sterf en hy is nie meer nie.

11. Soos die waters verdwyn uit die see en ’n rivier verlate word en opdroog,

12. so staan die mens wat lê nie weer op nie. Totdat die hemele nie meer is nie, sal hulle nie wakker word of uit hul slaap opgewek word nie.

Lees volledige hoofstuk Iyov 14