Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 14:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. so staan die mens wat lê nie weer op nie. Totdat die hemele nie meer is nie, sal hulle nie wakker word of uit hul slaap opgewek word nie.

13. Ag, dat U my in Sh’ol sou wegsteek; dat U my in ’n geheime plek sou wegsteek totdat U woede uitgewoed is; dat U ’n bepaalde tyd vir my sou aanstel en my onthou!

14. As ’n mens sterf, sal hy weer lewe? Al die dae van sy jeug wag hy tot die oudag kom.

15. As U my sou roep, sal ek U antwoord; U sal dink aan die werk van U hande,

16. want nou tel U nie my treë nie en U hou nie wag oor my sondes nie.

17. My rebellie is verseël in ’n sak en my sondes verwyder.

18. Waarlik, ’n groot berg val en ’n rots beweeg uit sy plek;

19. die waters verslyt die klippe en was die grond van die aarde weg; so vernietig U die hoop van die mens.

20. U hou voortdurend aan teen hom en hy gaan verby; U gooi hom weg met skande op sy gesig.

21. As sy seuns vermeerder, weet hy dit nie; as hulle minder word, merk hy dit nie op nie,

22. maar die vlees aan hom sal pyn hê en die lewe in hom sal treur.”

Lees volledige hoofstuk Iyov 14