Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 14:10-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. maar ’n mens sterf en kwyn weg, ja, ’n mens sterf en hy is nie meer nie.

11. Soos die waters verdwyn uit die see en ’n rivier verlate word en opdroog,

12. so staan die mens wat lê nie weer op nie. Totdat die hemele nie meer is nie, sal hulle nie wakker word of uit hul slaap opgewek word nie.

13. Ag, dat U my in Sh’ol sou wegsteek; dat U my in ’n geheime plek sou wegsteek totdat U woede uitgewoed is; dat U ’n bepaalde tyd vir my sou aanstel en my onthou!

14. As ’n mens sterf, sal hy weer lewe? Al die dae van sy jeug wag hy tot die oudag kom.

Lees volledige hoofstuk Iyov 14