Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 12:9-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van יהוה hulle gemaak het nie?

10. Want in Sy hand is die lewe van elke lewende ding en die gees van die ganse mensdom.

11. Die oor hoor die woorde en die verhemelte proe kos.

12. By die oudstes is wysheid en in lengte van dae insig.

13. By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en insig.

14. Let op, as Hy afbreek, wie kan bou en as Hy iemand opsluit in die tronk, wie kan dit oopmaak?

15. As Hy die waters terughou, droog hulle op; as Hy hulle loslaat, verwoes hulle die land.

16. By Hóm is krag en wysheid; by Hom is mag en verlossing.

17. Hy lei konings wonderbaarlik en maak regters tot dwase.

Lees volledige hoofstuk Iyov 12