Ou Testament

Nuwe Testament

Iyov 11:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe antwoord Tzofar, die Na’amahiet en sê:

2. “יהוה antwoord nie as gevolg van die oorvloed van woorde nie, net so kan ’n vaardige spreker nie regverdig word deur sy redevoering nie.

3. Let op, ná jou woorde kan net dié wat dood is, stilbly, want wanneer jy praat, is daar niemand om jou te stop nie en wanneer jy spot, is daar niemand om jou tereg te wys nie,

4. want jy sê: ‘Ek is regverdig gelei en is rein in my oë.’

5. Ag, as God egter net wou praat en Sy lippe teen jou oopmaak

6. en aan jou die geheime van wysheid sou wys, want wysheid het binneste kamers; dan sal jy weet dat God jou sondes sal vergewe.

7. Kan jy die diep dinge van God verstaan, of kan jy staan by die buitenste grense van die Almagtige?

8. Ken jy die hoogtes van die hemel, of die dieptes van Sh’ol? Hoe kan jy weet?

9. Die mate daarvan is langer as die aarde en wyer as die see.

10. As Hy sou verbygaan en beleër, of ’n mens laat sterf, wie kan Hom keer?

Lees volledige hoofstuk Iyov 11