Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 7:7-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Hulle almal is so warm soos ’n oond en hulle verteer hul regeerders; al hulle konings het geval; nie een van hulle roep na My toe uit nie.

8. Efrayim vermeng homself met die nasies; Efrayim het ’n koek geword wat nie omgekeer is nie.

9. Vreemdelinge verteer sy krag, tog weet hy dit nie; grys hare word oor hom uitgestrooi, tog weet hy dit nie.

10. Alhoewel die trotsheid van Yisra’el teen hom getuig, tog het hulle nie teruggedraai tot יהוה, hulle God, nie en hulle het Hom ook nie gesoek te midde van dit alles nie.

11. So het Efrayim geword soos ’n eenvoudige duif sonder verstand; hulle roep na Mitzrayim, hulle gaan na Ashur.

12. Wanneer hulle gaan, sal Ek My net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel bring Ek hulle af; Ek sal hulle tugtig volgens die getuienis wat teen hulle gehoor word.

13. Wee hulle omdat hulle van My af weggedwaal het! Verwoesting behoort aan hulle omdat hulle teen My rebelleer het! Ek wou hulle loskoop, maar hulle praat leuens teen My.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 7