Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 7:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer Ek Yisra’el sou genees, word die onregverdigheid van Efrayim openbaar en die bose dade van Shomron, want hulle tree vals op en die dief breek in en rowers plunder buitekant

2. en hulle oorweeg dit nie in hulle verstand dat Ek al hulle boosheid onthou nie. Nou is hulle dade reg rondom hulle; dit is voor My Teenwoordigheid.

3. Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

4. Hulle pleeg almal owerspel; soos ’n oond wat opgewarm is deur die bakker, wat ophou om die vuur te stook vandat die deeg geknie word totdat dit deursuur is.

5. Op die dag toe hulle begin raad gee het, het die prinse besoedeld geraak met die hitte van die wyn; hulle steek hul hande uit saam met die spotters.

6. Hulle verstand, wil en emosie is warm, soos ’n oond, met hul sameswerings; hulle woede word die hele nag lank onderdruk, in die oggend brand dit soos ’n vlammende vuur.

7. Hulle almal is so warm soos ’n oond en hulle verteer hul regeerders; al hulle konings het geval; nie een van hulle roep na My toe uit nie.

8. Efrayim vermeng homself met die nasies; Efrayim het ’n koek geword wat nie omgekeer is nie.

9. Vreemdelinge verteer sy krag, tog weet hy dit nie; grys hare word oor hom uitgestrooi, tog weet hy dit nie.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 7