Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 4:11-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Hoerery, wyn en nuwe wyn vat die begrip weg.

12. My volk raadpleeg hulle eie verbeelding en hulle staf gee vir hulle aanwysings, want ’n gees van hoerery het hulle verlei en hulle het weggedraai van hul God af.

13. Hulle offer offers op die toppe van die berge en brand wierook op die heuwels, onder die eike, populiere en terpentynbome omdat hulle skaduwee aangenaam is; so pleeg julle dogters hoerery en julle bruide pleeg owerspel.

14. Ek sal julle dogters nie straf wanneer hulle hoereer nie, of julle bruide wanneer hulle owerspel pleeg nie, want die manne self gaan eenkant toe met hoere en offer offers met die tempelprostitute. So word die volk wat sonder begrip is, verwoes.

15. Alhoewel jy, Yisra’el hoereer, moenie dat Y’hudah skuldig word nie! Moet ook nie na Gilgal gaan nie, of opgaan na Beit-Aven en die eed neem: “So waar as יהוה leef,” nie.

16. Aangesien Yisra’el hardkoppig is soos ’n hardkoppige verskalf, kan יהוה hulle nou laat wei soos ’n lam in ’n groot veld?

Lees volledige hoofstuk Hoshea 4