Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 4:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Luister na en gehoorsaam die boodskap van יהוה, o seuns van Yisra’el, want יהוה het ’n regsaak teen die inwoners van die land omdat daar geen getrouheid of sagte omgee of kennis van God in die land is nie.

2. Daar is vloeke, misleiding, moord, diefstal en owerspel. Hulle beoefen geweld sodat bloedvergieting volg op bloedvergieting;

3. daarom treur die land en alles wat daarop woon, kwyn weg saam met die wilde diere van die veld en die voëls van die hemel en ook die visse van die see verdwyn.

4. Tog, laat niemand fout vind of berisping aanbied nie, want jou volk is soos hulle wat met die priester twis!

5. Jy sal struikel bedags en die profeet sal ook saam met jou struikel in die nag en Ek sal jou moeder vernietig.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 4