Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 12:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. (12:9) Efrayim sê: “Ek het sekerlik ryk geword, ek het rykdom vir myself gevind; in al my arbeid sal hulle geen onregverdigheid in my vind, wat sonde sou wees nie.”

9. (12:10) Ek is egter יהוה, jou God, sedert die land van Mitzrayim af; Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die aangestelde fees (Sukkot).

10. (12:11) Ek het ook met die profete gepraat en Ek het baie visioene gegee en deur die profete het Ek vergelykende stories gegee.

11. (12:12) Is daar onregverdigheid in Gil’ad? Hulle is sekerlik waardeloos. In Gilgal offer hulle bulle; ja, hulle altare is soos kliphope langs die vore van die lande.

12. (12:13) Ya’akov het gevlug na die land van Aram en Yisra’el het gewerk om ’n vrou te kry en vir ’n vrou het hy vee opgepas,

13. (12:14) maar deur ’n profeet het יהוה Yisra’el uit Mitzrayim gebring en deur ’n profeet is hulle versorg.

14. (12:15) Efrayim het bitter woede opgewek; so sal sy God sy skuld vir bloedvergieting op hom los en sy smaad terugbring na hom toe.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 12