Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 12:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. (12:2) Efrayim hou hom besig met wind en hy volg die Oostewind voortdurend na; hy vermenigvuldig leuens en geweld. Meer nog, hy sluit ’n verbond met Ashur en olie word na Mitzrayim gedra.

2. (12:3) יהוה het ook ’n twis met Y’hudah en sal Ya’akov straf volgens sy lewenswyse, hom terugbetaal volgens sy dade.Gen 25:26; Gen 32:24-29

3. (12:4) In die moederskoot het hy sy broer aan die hakskeen gevat en in sy volwassenheid het hy met God geveg.

4. (12:5) Ja, hy het met die Engel geworstel en die oorhand gekry; hy het gehuil en Sy guns gesoek. Hy het Hom by Beit-El gevind en daar het Hy met ons gepraat,

5. (12:6) יהוה, God van die leërmagte, יהוה is Sy Naam (Karakter en Outoriteit).

6. (12:7) Keer daarom terug tot jou God, beoefen liefdevolle omgee en regverdige oordeel en wag voortdurend op jou God.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 12