Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 11:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Toe Yisra’el ’n jongman was, het Ek hom liefgehad en uit Mitzrayim het Ek My seun geroep.

2. Net soos hulle geroep is, het hulle van My af weggegaan; hulle het aangehou om tot die Ba’als te offer en tot afgode wierook te brand.

3. Nogtans is dit Ek wat Efrayim leer loop het, Ek het hulle in My arms gevat, maar hulle het nie geweet dat Ek hulle genees het nie.

4. Ek het hulle met mensebande, met koorde van liefde gelei en Ek was vir hulle soos een wat die juk van hulle kakebeen af oplig en Ek het My neergebuig en hom gevoed.

5. Hulle sal nie na die land van Mitzrayim terugkeer nie, maar Ashur, hy sal hulle koning wees omdat hulle geweier het om terug te draai.

6. Die swaard sal swaai teen hulle stede en sal hulle hekbalke vernietig en hulle verteer weens hulle planne.

7. My volk is geneig om van My af weg te draai. Alhoewel hulle sal roep tot God, soek hulle raad onder mekaar en sal niemand Hom oplig nie.

8. Hoe kan Ek jou opgee, o Efrayim? Hoe kan Ek jou oorgee, o Yisra’el? Hoe kan Ek jou maak soos Admah, jou behandel soos Tzvoyim? My verstand, wil en emosie is omgekeer in My, al My liefdevolle omgee is opgewek.

Lees volledige hoofstuk Hoshea 11