Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 1:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Op daardie dag sal Ek die boog van Yisra’el verbreek in die vallei van Yizre’el.”

6. Toe het sy weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n dogter en יהוה het vir hom gesê: “Noem haar Lo-Rugamah, want Ek sal nie langer liefdevol omgee vir die huis van Yisra’el dat Ek hulle ooit sal vergewe nie,

7. maar Ek sal liefdevol omgee vir die huis van Y’hudah en hulle bevry deur יהוה, hulle God en hulle nie bevry deur boog, swaard, oorlog, perde of ruiters nie.”

8. Nadat sy Lo-Rugamah gespeen het, het sy weer swanger geword en geboorte gegee aan ’n seun.

9. יהוה het gesê: “Noem hom Lo-`Ammi, want julle is nie My volk nie en Ek is nie julle God nie.”Deut 28:11; Rom 9:26

10. (2:1) Nogtans sal die getal van die seuns van Yisra’el soos die sand van die see wees, wat nie gemeet en nie getel kan word nie en in die plek waar vir hulle gesê word: “Julle is nie My volk nie,” sal dit vir hulle gesê word: “Seuns van die lewende God.”Yeg 37:22

11. (2:2) Die seuns van Y’hudah en die seuns van Yisra’el sal saam bymekaar gemaak word en hulle sal vir hulleself een leier aanstel en opgaan vanuit die land, want groot sal die dag van Yizre’el wees!

Lees volledige hoofstuk Hoshea 1