Ou Testament

Nuwe Testament

Hoshea 1:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה wat gekom het tot Hoshea, die seun van Be’eri, gedurende die dae van `Uziyah, Yotam, Agaz en Hizkiyahu, konings van Y’hudah en in die dae van Yarov’am, die seun van Y’ho’ash, koning van Yisra’el.

2. Die eerste keer dat יהוה deur Hoshea gepraat het, het יהוה vir Hoshea gesê: “Gaan, vat vir jouself ’n vrou vanuit hoerery en kry kinders vanuit hoerery, want die land het blatante hoerery gepleeg, deur יהוה in die steek te laat.”

3. Hy het gegaan en Gomer, die dogter van Divlayim, gevat en sy het swanger geword en vir hom geboorte gegee aan ’n seun.2 Kon 10 en Ek sal ’n einde maak aan die koninkryk van die huis van Yisra’el.2 Kon 17

4. יהוה het vir hom gesê: “Noem hom Yizre’el, want binne ’n kort rukkie sal Ek die huis van Yehu straf vir die bloedvergieting van Yizre’el

5. Op daardie dag sal Ek die boog van Yisra’el verbreek in die vallei van Yizre’el.”

Lees volledige hoofstuk Hoshea 1