Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 3:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van Havakkuk, die profeet, volgens Shigiyonot (’n vurige loflied):

2. יהוה, ek het die verslag aangaande U gehoor en ek vrees! O, יהוה, laat herleef U werk te midde van die jare; te midde van die jare, maak dit bekend; in toorn, onthou onverdiende guns.

3. God kom van Teman en die Afgesonderde Een vanaf die berg Pa’ran. Sy grootsheid bedek die hemele en die aarde is vol van Sy lofprysing.

4. Sy glans is soos die sonlig; Hy het strale vanuit Sy hand en daar is die bedekking van Sy krag.

5. Voor Hom gaan die pes uit en ’n plaag kom agter Hom aan.

6. Hy het gaan staan en die aarde opgemeet; Hy het gekyk en die nasies verskrik. Ja, die ewige berge is verpletter, die antieke heuwels inmekaar geval. Sy paaie is ewigdurend.

7. Ek het die tente van Kushan onder benoudheid gesien, die tentdoeke van die land van Midyan het gebewe.

8. Was יהוה toornig teen die riviere, of was U woede teen die riviere, of was U toorn teen die see dat U op U perde gery het, op U strydwaens van verlossing?

9. U boog is ontbloot, die stawwe van tugtiging is besweer. U het die aarde gekloof met riviere.

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 3