Ou Testament

Nuwe Testament

Havakkuk 3:1-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. ’n Gebed van Havakkuk, die profeet, volgens Shigiyonot (’n vurige loflied):

2. יהוה, ek het die verslag aangaande U gehoor en ek vrees! O, יהוה, laat herleef U werk te midde van die jare; te midde van die jare, maak dit bekend; in toorn, onthou onverdiende guns.

3. God kom van Teman en die Afgesonderde Een vanaf die berg Pa’ran. Sy grootsheid bedek die hemele en die aarde is vol van Sy lofprysing.

4. Sy glans is soos die sonlig; Hy het strale vanuit Sy hand en daar is die bedekking van Sy krag.

5. Voor Hom gaan die pes uit en ’n plaag kom agter Hom aan.

6. Hy het gaan staan en die aarde opgemeet; Hy het gekyk en die nasies verskrik. Ja, die ewige berge is verpletter, die antieke heuwels inmekaar geval. Sy paaie is ewigdurend.

7. Ek het die tente van Kushan onder benoudheid gesien, die tentdoeke van die land van Midyan het gebewe.

8. Was יהוה toornig teen die riviere, of was U woede teen die riviere, of was U toorn teen die see dat U op U perde gery het, op U strydwaens van verlossing?

9. U boog is ontbloot, die stawwe van tugtiging is besweer. U het die aarde gekloof met riviere.

10. Die berge het U gesien en het gebewe; die neerslag van water het verbygespoel. Die ondergrondse waters verhef sy stem, dit steek sy hande hoog op.

11. Son en maan het in hul plekke bly staan; hulle het weggegaan in die lig van U pyle, in die helderheid van U glansende spies.

12. In verontwaardiging het U deur die aarde marsjeer; in woede het U die nasies vertrap.

13. U het uitgegaan vir die redding van U volk, vir die redding van U gesalfde. U het die kop van die huis van die bose geslaan om hom bloot te lê vanaf heup tot nek.

14. U deurboor die koppe van sy menigtes met hul eie spiese. Hulle het ingestorm om ons te verstrooi; hulle gejuig was soos hulle wat die onderdruktes in die geheim verslind.

15. U het die see vertrap met U perde, op die deining van baie waters.

16. Ek het gehoor en my ingewande het gebewe, by die klank het my lippe getril. Verderf het my gebeente ingegaan en ek het gebewe waar ek was omdat ek stil moet wag op die dag van benoudheid; vir die mense wat ons sal inval om op te staan.Yir 8:13 die drag van die olyfboom faal en die lande geen kos produseer nie; die kleinvee uit die kraal afgesny word en daar geen beeste in die krale sal wees nie,

Lees volledige hoofstuk Havakkuk 3